STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-scooterklub het Vrydagoggend, 26 September, op hulle jaarlikse bromponietoer vertrek en keer hopelik Sondag ongeskonde terug.
Hulle het vroegoggend by Lilliput bymekaar gekom en sou 08:00 saam ontbyt geniet voor hulle die tog aanpak, maar teen 09:00 was hulle nog nie gereed om te vertrek nie.
Daar was egter niks wat hulle jaag nie en het alreeds onder mekaar bespiegel vir wie hulle op die roete sou moes wag.
Dit is vanjaar die derde keer wat hulle hierdie toer onderneem en daar is veertien bromponies plus ondersteuningspersoneel met bakkies en sleepwaens wat die toer meemaak.
Die roete neem hulle tot in Ladismith waar hulle Saterdagaand die Roete 62 Rock-konsert gaan bywoon.
Sondagoggend pak hulle die terugtog aan en dan begin die beplanning vir die 2026 toer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’