HEIDELBERG NUUS - 'n Inwoner van Robertsweg op Heidelberg, David Benn se huis het Sondagnag, 14/15 November byna afgebrand.
Benn, wat alleen in die woning bly, was volgens inligting ten tye van die brand nie by die huis nie.
Volgens van die bure was die brandweer baie gou op die toneel en kon hulle die vuur betyds blus om nie die hele huis te beskadig nie.
Die grootste skade is aan die kombuis aangerig. Die bure was duidelik in hulle skik dat die vuur betyds geblus kon word, omdat daar baie hout en papier op die perseel en in die huis is.
Benn was nie vir kommentaar beskikbaar nie
Die inwoner maak al die rommel by die stortingsterrein bymekaar en verwerk dit dan.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'