RIVERSDAL NUUS - Dié hond is langs die N2 buite Riversdal opgelaai en na die plaaslike skut geneem.
Sy is vermoedelik Vrydag 23 November gevind.
Iewers is daar nou babahondjies sonder hul ma.
Indien iemand weet aan wie die hond behoort of waar die babahondjies hul bevind, kan die skut geskakel word by 028 713 8000/7817.
Dit is duidelik dat dié hond onlangs kleintjies gekry het.
"Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus."