HEIDELBERG NUUS - “Plant ’n boom om ’n verskil te maak, want dis amper asof iets heiligs tussen twee mense gebeur as hulle ’n boom plant.”
Dit is volgens Jan Odendaal, omgewingsaktivis en voormalige opvoeder tydens sy vlugtige besoek aan Heidelberg om ’n groep jongmense toe te spreek.
Odendaal is op versoek van Quinton Adams, ’n boorling en opvoedkundige sielkundige van dié dorp genader om sy kennis oor tuinmaak te kom aanbied.
Die verrigtinge het Saterdagoggend, 6 Maart in die geskiedkundige Fourie-huis geskied.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'