Video
RIVERSDAL NUUS - Moenie dat vreemdelinge vir jou lekkers uitdeel of aan jou vat nie. As dit gebeur, maak ’n groot lawaai om die aandag van bekendes, soos jou ouers, te trek.
Dit was een van die lesse wat Johnny Hendricks van Bonnievale vanoggend (Vrydag 30 Mei) om 07:30 by die Lukhanyo-kleuterskool in Kwanokuthula aan ’n groot groep kleuters gegee het.
Hy is tans op ’n bewusmakingstoer van Bonnievale na Gqeberha en weer teug na sy tuisdorp waar hy praatjies by skole lewer om leerders bewus te maak van misdaad en korrupsie.
Ook om algemene lewenslesse oor drank- en dwelmmisbruik met hulle te deel.
In Riversdal het hy ook kleuters en leerders by Zebra Kids en Molenrivier Primêr, ’n klein plaasskooltjie net buite Riversdal, toegespreek waarna hy na Heidelberg vertrek het.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’