RIVERSDAL NUUSFLITS - Adriaan Geldenhuys (27), die blou-oog boer van Riversdal waaroor baie meisies droom, het met Suid-Kaap Forum gesels.
Adriaan vertel: "Ek het die reeks van seisoen een af begin kyk. Ek het nog altyd daarvan gehou en gesê dat ek gaan inskryf."
Hy is gebore en getoë op Riversdal waar hy sy laer- en hoërskoolloopbaan voltooi het.
Nadat hy matrikuleer het, het hy sy landbougraad voltooi en dadelik teruggekeer plaas toe.
Aan die begin was hy baie skaam, maar het dit later gewoond geraak.
Om uit te vind wat die ongemaklikste vir hom was en hoe sake met Helene staan, maak seker jy kry hierdie Donderdag se Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'