RIVERSDAL NUUS - Die oud-Riversdaller, en subredakteur van Suid-Kaap Forum, Emsie Martin, kom Riversdal toe met haar jongste boek, Olie vir jou lamp 2.
Die pragboek bevat 180 dagstukkies met die tema, Gebrokenheid maak heel, en is 'n absolute moet om te hê.
Emsie hou die boekbekendstelling in die Riversdal-biblioteek op Donderdag 19 Maart om 14:00 en sy sal jou graag daar wil ontmoet.
Na die tyd kan jy heerlik met 'n koppie tee en verversings in die hand met die skrywer gesels.
Teken die datum in jou dagboek aan en laat weet Melanie Cloete by 028 713 0044 of WhatsApp 082 840 8322 voor 14 Maart of jy sal bywoon.
Jy kan ook 'n epos stuur na [email protected]
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’