Update
VERMAAKLIKHEID NUUS - Brandweerpersoneel het korte mette van 'n brand gemaak wat Vrydag, 12 Februarie in die Vermaaklikheid-omgewing ontstaan het.
Volgens die Tuinroete-rampbestuur is alarm gemaak toe 'n veldbrand in die omgewing opgemerk is.
Met die verwoestende brande van Oktober 2018 nog vars in almal se geheue, het die plaaslike brandweerdienste na die toneel gehaas. Rampbestuur in George het dieselfde middag 'n spotter-vliegtuig en 'n helikopter, brandweervoertuie en -personeel na die omgewing gestuur om grond- en lugsteun aan die plaaslike brandweerpersoneel te bied.
Dieselfde aand is die brand onder beheer gebring. Saterdagoggend het personeel te voet plekke waar die vuur opgevlam het beskerm en die vlamme aanhou blus.
Teen Maandag was die brand se blus uit en 'n opvolg van die 2018 ramp waar nege huise en meer as 3 000 hektaar veld afgebrand het, voorkom.
Die oorsaak van die afgelope naweek se brand is onbekend.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Vermaaklikheid, Hessequa nuus'