STILBAAI NUUS - Die vissersboot Wimpie het Maandagnag 'n bielie van 'n kabeljou naby Blombos uitgetrek.
Die kabeljou het die skaal op 'n allemintige 45 kilogram laat kreun.
Kabeljou is op hierdie stadium relatief skaars en vissermanne moet maar tevrede wees met silwervis en rooi roman, maar daar is darem 'n paar mooi kabeljoue wat hulle rieme styfloop omdat hulle nie die aas kan weerstaan nie.
Tot dusver speel die weer mooi saam en vakansiegangers benut dit terdeë.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’