HESSEQUA NUUS - Die bestuurder van ’n bakkie is ongedeerd na hy op die N2 teen die agterkant van ‘n vragmotor gebots het.
Die voorval het omstreeks 14:00, Donderdag 6 Februarie, naby die Stilbaai-afdraaipad R305) gebeur.
Ambulansdienste het na hom omgesien, maar buiten bewerigheid van skok en hy het nie hulp benodig nie. Hy wou nie sy naam verskaf of met Suid-Kaap Forum praat nie.
Verkeersvloei is vir ‘n rukkie beinvloed terwyl die bakkie in die rylaan gestaan het, maar verkeersbeamptes was op die toneel om verkeer te reguleer.
Die vragmotor, wat geringe skade opgedoen het, is kort na die voorval vort.
Provinsiale verkeer en die brandweer was op die toneel tot die bakkie verwyder is.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'