RIVERSDAL NUUS - 'n Gemeenskap wat saam staan kan baie meer bereik. Die ACVV Riversdal het in samewerking met die plaaslike polisie en Working on Fire van die gemeenskap besoek en hul van die belangrikheid van kinderbeskerming bewus gemaak.
Molenrivier Primêre Skool is gedurende Kinderbeskermingsweek besoek en 'n poppespel met Zoef en Moggie het die kinders meer vertel waaroor dié week gaan.
Die tema was, Die beskerming van kinders is almal se besigheid.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'