STILBAAI NUUS - Die "Ek Wil" fondsinsamelingsprojek van Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai het Maandagaand 16 September 'n hoogtepunt bereik met die trekking van die wenners se name.
Berties is besig om fondse in te samel vir die bou van 'n lank gekoesterde droom om 'n skoolsaal te bou.
Die Uitvoerende Burgermeester van Hessequa Munisipaliteit, Grant Riddles, het na afloop van Berties se revue die drie wenners se name getrek, terwyl menige hoopvolles gebid het dat hulle onder die gelukkiges gaan tel.
Die wenner van R100 000 was André Mathee.
Jolene Killian het R50 000 gewen en Franas Smith R25 000.
Ongelukkig was nie een van die wenners teenwoordig nie, maar Denise Maré, organiseerder van die kompetisie, het hulle gebel met die wonderlike nuus.
Enigiemand kan Laerskool Bertie Barnard help om hulle droom te verwesenlik. Skakel die skool by 028 754 1042 indien jy van hulp kan wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’