STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard se jaarlikse kleurkaskenades vind vanjaar op Vrydag 19 Desember plaas en beloof groot pret met baie poeier vir die hele gesin.
Dit begin 08:00 by die sportgronde in Hoofweg-Wes en volg 'n pragtige 5km-roete met kleurstasies langs die pad waar jy met verskillende kleure poeier bestook word.
Mariska van Wyk, organiseerder van die kaskenades, sê die doel is nie om ongeskonde by die eindpunt aan te kom nie, maar getooi in al die kleure van die reënboog.
Bring die hele gesin en al jou vriende om hierdie prettige fondsinsameling van Laerskool Bertie Barnard te ondersteun en gaan spoel sommer na die tyd in die see af.
Kaartjies is by die hek beskikbaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’