STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard se atletiekseisoen het in winderige toestande begin toe hulle die veldnommers afgehandel het Donderdagmiddag die 23ste Januarie.
'n Paar rekords het in die slag gebly en dit voorspel 'n goeie dag vir die baannommers Vrydag die 24ste Januarie.
Die oupas, oumas, ouers en ander toeskouers kan 'n heerlike dag met blitstye verwag en hopelik gaan die wind ook saamspeel.
Na hierdie byeenkoms word die span gekies wat volgende Vrydag die 31ste Januarie gaan deelneem teen Melkhoutfontein Primêr.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’