Update
STILBAAI NUUS - Leerders van Laerskool Bertie Barnard het onlangs derde in 'n landwye wiskundige speletjiekompetisie geëindig.
Leerders van gr. 2, 4 en 7 het deelgeneem. Die speletjies was op hulle spesifieke kurrikulums gebaseer.
Daar was verskillende vlakke en vir elke vlak wat die leerder op hierdie rekenaargebaseerde speletjie baasgeraak het, het hy of sy sterre gekry. Uiteindelik moes elke deelnemer 150 sterre hê.
Elzette van Schalkwyk en Mariska van Wyk (albei gr. 2-onderwysers), Margarete van Eeden (gr. 4-onderwyser) en Jacobu Lötter (gr. 7-onderwyser) is baie trots op hierdie leerders.
Daar was tye in die kompetisie wat hulle tot by die tweede posisie gevorder het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'