RIVERSDAL NUUS - Sers. Christiaan Jansen, woordvoerder van die Riversdal-polisiestasie, sê hulle word oorval met klagtes van inwoners in veral Riversdal wat nie op die gewone landlyn na die stasie kan deurkom nie.
"Die lyne bly gereeld af en dan lui dit net sonder dat iemand antwoord. Dis geweldig frustrerend," sê hy.
Daarom rig die plaaslike polisie 'n versoek aan inwoners om die volgende noodnommer te bel indien hulle nie op die gewone landlyn geholpe kan raak nie: 082 379 3885
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’