STILBAAI NUUS - Rosa Smit (75), jarelange inwoner van Stilbaai en bekende digter is gister, Dinsdag 20 Julie in die hospitaal oorlede.
Volgens haar seun, Emile, was sy positief vir Covid-19 en was sy vir drie weke in die hospitaal, maar sy het herstel en is ontslaan.
“Haar longe was egter baie verswak en hoewel sy baie hard geveg het, was die suurstof tuis net nie meer genoeg nie. Haar lewensmaat, Jurgens van Zyl het haar dag en nag versorg, maar na vier dae het ons besluit sy moet eerder weer opgeneem word,” het hy gesê.
Rosa se nuwe digbundel, Slingerplant se Wintergroei sou eersdaags bekendgestel word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'