GOURITSMOND NUUS - ’n Bejaarde man wat alleen op Gouritsmond gewoon het, is die afgelope naweek vermoor.
Volgens kapt. Susan Botha, bevelvoerder van Albertinia-polisie, is die 87-jarige John Peter Barnard vermoedelik Saterdag of Sondag vermoor.
Sy liggaam is omstreeks 14:00 Sondag by sy huis deur ’n inwoner van die kusdorp gevind.
’n Persoon is in hegtenis geneem en ‘n moordklag word ondersoek.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'