ALBERTINIA NUUS - Die familie van George Manho (60), wat sedert Vrydag 15 November op sy verjaardag vermis is, is erg bekommerd oor waar hy hom bevind.
'n Familielid, Felicity "Tokkie" Oktober, sê van sy familie het hom vir sy verjaarsdag na Riversdal geneem vir 'n bederf. Hy het egter net weggeraak sonder om iemand in kennis te stel.
Hulle vrees vir sy gesondheid aangesien hy op medikasie is en hy sedert sy verdwyning sonder enige medikasie is. Tokkie sê dat mense van Albertinia hom op die N2 in die rigting van Heidelberg gesien stap het.
Enigiemand met inligting oor waar Manho hom bevind kan met Oktober by 078 257 2866, David Losper by 061 190 5353 of die polisie skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’