WITSAND NUUS - ’n Bejaarde egpaar van Witsand, die man 72 en sy vrou 74 jaar oud, het omstreeks 01:00 vandag (Vrydag 3 Mei) wakker geskrik met twee mans wat langs hul bed staan.
Hulle het die egpaar aangeraai om nie te skreeu nie.
’n Derde man het in die kamer gekom en vir die egpaar gesê dat hulle nie beplan om hulle seer te maak nie, mits hulle alles doen wat van hulle gevra word. Hierna is hulle vasgebind.
Die televisie, drie skootrekenaars, vier selfone, kontant en al die vrou se juwele is gebuit.
Dit is nog onduidelik waarmee die rowers gewapen was.
Om die egpaar te beskerm word hul name nog nie bekend gemaak nie.
Enigiemand met inligting moet die naaste polisiestasie daarvan in kennis stel.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'