HEIDELBERG NUUS - Die donker wolk wat oor die kop van 'n voormalige SAPD-lid en vier andere gehang het, het gister soos mis voor die son verdwyn toe al die aanklagtes teen hulle teruggetrek is.
Dié vyf - Alroy Windvogel, 'n afgetrede plaaslike SAPD-mediabeampte, Elton Anthony van Vredenburg, Emile Roman van Hopefield, asook Thabang Kekana en Pheshi Langa, beide van Mpumalanga, het aanklagte van onder meer bedrog en korrupsie in die gesig gestaar.
Die vyf het Woensdag 30 April in die landdroshof in Heidelberg verskyn waar al die klagtes teen hulle teruggetrek is en hul borggeld is ook terugbetaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’