STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-hengelsaal se dak het Donderdagaand 13 Junie behoorlik gelig toe die Vriende en Familie-komitee van Huis Stilbaai, onder leiding van die nimlike Hennie Slabbert, weer hulle jaarlikse Bangers & Mash-aand gehou het.
Die gaste het soos gebruiklik heerlik gesing en gekuier.
Hennie het 'n warm hart vir Huis Stilbaai en hy woeker heeljaar om die finansiële las op hulle skouers te verlig.
Hierdie kan as sy vlagskipgeleentheid beskou word en die kaartjies is uitverkoop sodra dit beskikbaar was. Vanjaar het hy 100 kaartjies verkoop en alhoewel 'n paar mense nie opgedaag het nie, was die saal gevul met warmte en liefde.
Die Vriende en Familie-komitee skenk al die wins van die aand aan Huis Stilbaai en met vanjaar se geleentheid is R17 000 ingesamel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’