STILBAAI NUUS - Met genade van Bo is die bestuurder van 'n bakkie Saterdagmiddag 22 Junie met ernstige beserings afgevoer na die hospitaal, want dit kon veel erger wees.
Die ongeluk het laatmiddag gebeur by die afdraai na Melkhoutfontein toe die bestuurder beheer verloor het, die pad verlaat het en 'n boom getref het.
Die ergste skade aan die bakkie was aan die passasierskant, maar gelukkig was die bestuurder alleen in die motor.
Volgens omstanders het sy gesê dat sy vir 'n hond uitgeswaai het en toe beheer verloor het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’