RIVERSDAL NUUS - Drie babahondjies van agt weke oud is wees gelaat en is op soek na 'n liefdevolle huis.
Sandra Lotz, voorsitter van Community Animal Rescue Society (CARS) het gesê: "Mense doen aansoek deur die aansoekvorm te voltooi. Ons doen 'n huisbesoek en maak seker hulle kan hul eie veeartskoste bekostig. Ons kyk of die huis en huisgesin geskik is om 'n babahondjie te versorg.
"Daar is 'n aannemingsfooi van R650 wat die inentings dek voor aanneming asook die sterilisasie wanneer hulle oud genoeg is. Ons laat net babahondjies na huise in die Hessequa-area gaan."
Indien jy wil weet of daar 'n reun of teef is wat jy kan aanneem, skakel Lotz by 082 962 1831.
Hierdie twee hondjies soek liefdevolle huise.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'