Video
SLANGRIVIER NUUS EN VIDEO - Siena Fredericks van Slangrivier het Sondag 1 September haar 109de verjaarsdag gevier.
Om so oud te word is genoeg rede om groot makietie te hou, maar vir Fredericks, alombekend as "Ant Ties", wat al twee wêreldoorloë asook die Covid19-pandemie oorleef het, is hierdie verjaarsdag ekstra spesiaal omdat sy die titelakte van 'n erf in Philanderstraat in Slangrivier as geskenk gekry het.
Die akte is deur Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, asook Grant Riddles, Hessequa se burgemeester, aan haar op die stoep van die huis op die erf oorhandig.
Ant Ties se twee oorlewende dogters het saam met haar kleinkinders, ander familielede en Wes-Kaapse- en Hessequa-behuisingsbeamptes die vreugdevolle verrigtinge bygewoon.
Tydens die plegtigheid het almal heerlik gesing en gesmul aan allerhande happies. Veels geluk Ant Ties!
VIDEO: Ant Tienie ontvang 'n spesiale verjaardag geskenk
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’