SLANGRIVIER NUUS - Dié dorp se oudste inwoner, die 108-jarige Siena Fredericks is Vrydagmiddag 31 Januarie skielik oorlede.
Fredericks, alombekend as ant Ties, het volgens haar kleinseun Willie Fredericks gistermiddag ongeveer 15:00 saggies aan huis by haar dogter, Fransiena en haar man, Saul Pieters, heengegaan.
Ant Ties, wat nog nooit haar eie huis gehad het nie, is verlede jaar op 1 September, op haar 108ste verjaarsdag, met die titelakte vir haar eerste huis, verras.
Dié dokument het sy vanaf Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, en Grant Riddles, Hessequa uitvoerende burgermeester van Hessequa, in ontvangs geneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’