STILBAAI NUUS - 'n Groot verrassing het op Angenay Michaels gewag toe sy Vrydagoggend 7 Maart by die skool kantoor toe geroep word.
Marlin Jansen, voorsitter van Seagulls Rugbyklub en lede van sy bestuur het daar vir haar gewag om 'n tjek van R1 500 aan haar te oorhandig.
Die rugbyklub het besluit om haar te help met haar uitgawes as deel van die Eden-span wat aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe gaan deelneem.
Angenay was natuurlik uit die veld geslaan, maar baie dankbaar vir hierdie pragtige gebaar.
Reginald Baker, vise-hoof, het Seagulls namens die skool bedank en gesê hoe trots die skool op haar is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’