RIVERSDAL NUUS - As flink verkope van jou uitgestalde produkte 'n aanduiding is van die sukses van 'n basaar, dan was die Droom-basaar wat onlangs in die burgersentrum in Riversdal gehou is, 'n baie groot sukses.
Als wat te koop was op dié basaar, is verkoop, sê Michelle Strydom van die Droom-projek.
"Ons kan glad nie kla nie. Die inwoners het ons weereens goed ondersteun en alles opgekoop. Dit gee ons opnuut moed vir die basaars wat nog vorentoe aangebied gaan word."
Met Suid-Kaap Forum se besoek was die burgersentrum 'n miernes van bedrywighede en dis veral die pannekoektafel wat druk besoek is.
Die mense het letterlik in 'n ry gestaan en wag om die eg tradisionele Suid-Afrikaanse lekkerny op te raap.
Oral het mense gesellig by tafels gesit en peusel aan versnaperinge en koffie of tee gedrink.
Hugo Redelinghuys het die foto's geneem.
Betsie van Noordwyk (links), raadslid vir wyk 7, het ook fluks hand bygesit by een van die stalletjies.
Die kledingstukke wat te koop aangebied is, het ook groot aftrek gekry.
Daar was nou klere te kies en te keur.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'