HESSEQUA NUUS - Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, 'n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Die volgende bloeddiensklinieke:
- 7 April: Riversdal-burgersentrum vanaf 14:00 - 18:45.
- 14 April: Stilbaai-gemeenskap-sentrum vanaf 12:00 - 15:00.
- 16 Mei: Heidelberg-stadsaal vanaf 12:00 - 17:30.
- 24 Mei: Albertinia-stadsaal vanaf 14:00 - 18:00.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree (021 507 6319/507 6320/507 6329).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'