ALBERTINIA NUUS - Danika-Simei Swarts is Mej. Eagle Suid-Afrika 2018 Ambassadeur en nou ook semifinalis vir die Wes-Kaap.
Haar volgende uitdaging is die nasionale-titel. Mej. Eagle Suid-Afrika is die grootste 'Beauty with brains and purpose'-kompetisie in die geskiedenis van die land.
Sy is baie betrokke in die plaaslike gemeenskap met opheffingswerk, het vrywillig by die Kansa-shavathon gehelp en lees vir gr. 2-leerders voor by die laerskool. Sy het ook Albertinia-museum, 'n nie-winsgewende organisasie gehelp met 'n onlangse fondsinsamelingsinisiatief.
Bejaardes en klein kindertjies lê haar na aan die hart. Sy het 'n passie vir diere en is gekant teen die mishandeling van diere of bejaardes, vrouens, mans of kinders. Sy is ook ambassadeur vir die nie-winsgewende organisasie S.M.A.R.T (Stranded Marine Animal Rescue Team).
Lesers se SMS-stemme het verseker dat sy, tesame met al die uitdagings wat aan haar as deelnemer aan die Mej. Eagle Suid-Afrika 2018-kompetisie gestel is, na die halfeindronde deurgedring het.
Die kompetisie gaan oor vrouebemagtiging, -leierskap en motivering, asook om geleenthede te skep vir vroue, om 'n positiewe impak te maak in gemeenskappe deur die hele land.
Elke deelnemer van elke provinsie in Suid-Afrika het spesifieke take om te verrig wat gepas is vir die Mej. Eagle-titel.
Daarom sal die nasionale Mej. Eagle Empress Suid-Afrika 2018-titel aan iemand toegeken word wat 'n ware verteenwoordiger van die land sal wees.
SMS 'DANIKA' na 35334 om vir haar te stem. SMS'e kos R3 elk. Bondels, internasionale en gratis SMS'e tel nie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'