ALBERTINIA NUUS - Albertinia polisielede onder leiding van sers Mortimer en sers Lechaba het hierdie naweek in 'n dwelmoperasie beslag gelê op meer as 500 Mandrax tablette, meer as 10 gram Tik en meer as 50 "Bankies" dagga.
Meeste van die dwelms is op die N2 gevind en vier sake van handel in dwelms is geopen.
Volgens sers Cisca Badenhorst, woordvoerder van Albertinia SAPD, was daar ook twee buitelanders onder die arrestasies.
Kaptein Susan Botha, bevelvoerder van Albertinia SAPD het haar dank uitgespreek vir die harde en toegewyde werk van die polisielede en ondersteuning van die gemeenskap.
Volgens haar is dit operasies soos hierdie wat dwelms uit Albertinia hou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’