STILBAAI NUUS - The Heist se Rayner Becker, Wian Jonck en Tiaan Visagie is netso gevaarlik op as van die veld.
Wanneer hierdie driestuks hulleself ontmasker moet jy weet: Nou gaan die balle rol.
Die laaste twee stelle wedstryde gaan bepaal wie die kampioen gaan wees en heel moontlik gaan die laaste kop van die laaste wedstryd die bepalende faktor wees.
Donderdagaand 13 Maart is die volgende stel wedstryde, dan slaan hulle 20 Maart oor omdat dit 'n langnaweek is en die finale stel wedstryde sal plaasvind Donderdag 27 Maart.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’