Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - AfriForum se buurt- en plaaswag het Vrydag 4 Oktober in samewerking met die polisie aan ’n masssapatrollie deur Riversdal deelgeneem.
Sowat 30 voertuie met die AfriForum-logo op het stadig deur Kerk- en Hoofstraat beweeg om die boodskap te bring dat ’n groep mense omsien na die inwoners se veiligheid.
Besoek is ook afgelê by drie misdaadbrandpunte.
Die patrollie is voorafgegaan deur twee padblokkades by ingange na die dorp waar altesaam 40 voertuie afgetrek is.
Na die patrollie het die plaaswag in gebiede wat onder veediefstal deurloop, patrollies gery.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'