HEIDELBERG NUUS - Dit gons behoorlik hier op die dorp nadat 'n bekende afgetrede polisielid Vrydagmiddag 26 Julie ongeveer om 13:30 by sy huis in hegtenis geneem is.
Die arrestasie hou glo verband met onwettige voertuiglisensiëring en -registrasies waarby verskeie individue in die Wes-Kaap asook in ander provinsies moontlik betrokke sou wees.
Die beskuldigde is na die plaaslike polisiestasie geneem waar hy van die oortreding amptelik ingelig is en na Barrydale-polisiestasie geneem waar hy in aanhouding sal bly.
Die beskuldigde is glo na bewering deel van 'n sindikaat waarvan twee iewers in die Weskus reeds in hegtenis iewers is.
Die ondersoek duur voort en meer arrestasies word binnekort verwag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’