STILBAAI NUUS - Hantie de Villiers vier haar 93ste verjaarsdag op Maandag, 5 Oktober.
Sy het haar in die sewentigerjare op Stilbaai kom vestig toe hier nog slegs 300 inwoners was.
Sy het ook die heel eerste tuindienste hier begin en haar liefde vir tuinmaak en blomme het onveranderd gebly. Haar familie en vriende wens haar voorspoed en gesondheid toe.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'