SLANGRIVIER NUUS - ’n Jongman van Slangrivier is Dinsdag 13 Junie op aanklag van die besit en handel in dwelms skuldig bevind en vyf jaar tronkstraf opgelê.
Marlon Hartnick (29) is vroeër vanjaar deur konst. John Jansen en sers. Daniël Moos op die N2 vasgetrek nadat hulle inligting ontvang het oor 'n voertuig wat dwelms vervoer.
Die bestuurder het aanvanklik geweier om stil te hou, maar die twee polisielede het hom toe gedwing om stil te hou en gearresteer.
Na ’n deeglike ondersoek deur sp.ao. Whitey Solomon, en met behulp van laboratoriumtoetse, is Hartnick skuldig bevind aan die besit en handeling in tik, Mandrax en dagga.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’