SWELLENDAM NUUSFLITS - Twee jong mans het Woensdag 14 November in die plaaslike landdroshof op aanklag van moord verskyn.
Sergio Jonkers (22) en Aldred Hendricks (18) het na bewering vir Fransionette Jantjies (23), enkelma van ’n vyfjarige dogter, glo na ’n dwelmsessie verwurg. Jonkers is Jantjies se neef.
Jantjies se liggaam is Sondagmiddag in 'n gevorderde stadium van ontbinding langs die Buffeljagsrivier gekry. Sy is Donderdagaand 8 November laas deur haar ma lewend gesien.
Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaap polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n klag van moord ondersoek word.
Die saak is tot Dinsdag 20 November vir verdere ondersoek uitgestel. Beide bly in aanhouding.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'