ALGEMENE NUUS - Die 12de Strydom-familiesaamtrek het die afgelope naweek by Pine Lodge op George plaasgevind met net meer as 100 familielede wat die geleentheid bygewoon het.
Vanjaar se saamtrek is deur die familie op George gereël onder leiding van Elizabeth “Liz” Roelfse. Die reunie is deur almal as onvergeetlik beskryf.
Die eerste saamtrek van die Strydom-familie het op 4 tot 6 April 1992 in De Hoek plaasgevind, gevolg deur 'n reunie in Desember 1993 in Swakopmund, Namibië, en die derde saamtrek in Botrivier in 1996.
‘n Hoogtepunt van die afgelope naweek was die kerkdiens Sondagoggend wat gelei is deur emeritus leraar, ds. Phillip Strydom van Walvisbaai, wat die belangrikheid van familiewaardes beklemtoon het. Daarna het die gaste 'n heerlike spitbraai geniet.
Meer as 100 Strydoms het op George saamgekom.
Wilfred du Preez het heerlike musiek gemaak tydens die saamtrek.
Die span van Outeniqua Spitbraai het vir Sondag se spogete gesorg.
Die volgende Strydom-saamtrek word vir 2027 in Jeffreysbaai beplan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’