MELKHOUTFONTEIN NUUSFLITS - Elf plaaslike inwoners en een van Riversdal het die vlak 3, department van arbeid geakkrediteerde noodhulpkursus voltooi.
Die span is in die gemeenskap opgedeel en ontplooi om dié noodsaaklike noodhulpdiens op Melkhoutfontein te verrig.
Die kursus maak deel uit van die omvattende Wasteland Graced Land-projek.
Die projeknaam ‘Wasteland Graced Land’ het sy naam te danke aan die feit dat die gemeenskap tussen twee stortingsterreine bly.
Van die artikels en afval wat uit die stortingsterreine herwin is, word selfs in die kunswerke en verbruikersartikels hergebruik in die werkskeppings- en opleidingsprojek.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'