Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Ondanks die ongure weerstoestande wat knap na 12:00 op Heidelberg, asook in Slangrivier kop uitgesteek het, het dit kiesers nie gekeer om hul kruisie vir hul onderskeie wykskandidate en politieke partye te gaan trek nie.
Die atmosfeer buite by al die stemlokale was heel vrolik en het die kandidate, asook hulle lede en ondersteuners vrylik met mekaar gekommunikeer.
Dit wil egter voorkom asof daar 'n effense probleem met die OVK se registrasiestelsels is, omdat van die kiesers nie in hul wyke kon stem nie.
Daar was 'n geval in wyk 9 by die stadsaal waar 'n kieser moes verneem dat hy dood verklaar is. Dié kieser, wat verkies om anoniem te bly, was duidelik omgekrap om dié nuus te kry.
VIDEO: Clive besoek Heidelberg stemlokaal
Johannes Overmeyer (74) het nie toegelaat die ongure wind hom verhoed om sy kruisie te trek nie. Chavolene Arendse het hom gebring.
NOG VIDEO'S OP ONS YOUTUBE KANAAL: KLIK HIER
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'