Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - HESSEQUA NUUS & VIDEO - Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Hessequa-streek sal vir die volgende vyf jaar die leidende party met 'n meerderheidstem van 50.19% wees.
20 988 kiesers het hul krusie agter die DA se naam gaan trek.
Dit is volgens die uitslae op die Onafhanklike Verkiesings Komitee (OVK) se webtuiste.
Die tweede sterkste party in die streek, die ANC het daarin geslaag om 34.8% stemme in te oes en die VF+ het 7.71% gekry.
Lees die volledige berig in Vrydag se uitgawe.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'