SWELLENDAM NUUS - Die dorp is erg geruk ná die onthulling dat twee mans na bewering twee tienerseuns verkrag het.
Die twee mans, albei 42 jaar oud en gesiene inwoners van die dorp - waarvan een glo ’n opvoeder is - het Woensdag 8 Oktober, in die plaaslike landdroshof op aanklagte van verkragting verskyn.
Die saak is tot Woensdag 15 Oktober uitgestel. Hulle bly in aanhouding.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaap-mediabeampte, is die mans Maandag in hegtenis geneem nadat die twee seuns, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, beweer het dat hulle in die plaaslike begraafplaas deur beide mans verkrag is.
Tydens hul vlugtige verskyning was die hof stampvol ontevrede inwoners wat wou verseker dat die twee nie op borgtog vrygelaat word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’