HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie het Donderdag 9 Oktober hulde gebring aan voormalige kollegas asook aan die paar wat die afgelope jaar oorlede is.
Volgens konst. Keeno Fredericks, plaaslike mediabeampte, is die mooi gebaar deur kapt. Mervyn Zana, waarnemende stasiekommissaris, geïnisieer om hulde en dankbaarheid aan hul oudkollegas asook die ontslapenes se naasbestaandes te betoon.
Onder die aanwesiges was onder andere kapt. Jan en TC le Roux, beide voormalige stasiekommissarisse, asook kapt. EV le Roux, voormalige speurhoof en kapt. Bernard Willemse om net ’n paar te noem.
Daar is ook kerse deur twee van die vyf ontslape lede se familielede aangesteek en ’n geskenkpakkie is aan elke oudlid asook die ontslape lede se familie oorhandig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’