STILBAAI NUUS - Vrydagaand, 26 September, kies Melkhoutfontein Primêr hulle Mnr. en Mej. Melkhoutfontein Primêr en dit beloof om 'n aand van swier en glans te wees.
Die deelnemers oefen al vir maande hulle passies en die uitrustings word met sorg gekies.
Hierdie is een geleentheid waar daar nie teruggehou word nie en die aanhangers en familie dra elke hoopvolle deur die hele proses met oorverdowende aanmoediging.
Die beoordelaars sal behoorlik kopkrap om te verseker dat die regte kandidate uiteindelik die kroon dra.
Die verrigtinge begin 18:30 in die Ruby Flores-skoolsaal en kaartjies sal by die deure te koop wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’