GOURITSMOND NUUS - Brandbestryders van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit en Hessequa-munisipaliteit het Woensdagoggend bevestig dat die veldbrand naby Gouritsmond, wat Dinsdagaand opgevlam het, suksesvol onder beheer gebring is.
Volgens die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het een flank van die brand aanvanklik moeilik onder beheer gebly nadat dit Dinsdag omstreeks 21:30 weer opgevlam het.
Deur die samewerking van die onderskeie spanne is die brand kort ná middernag onder beheer gebring.
Die betrokke grondeienaar, Hessequa-munisipaliteit en brand- en reddingsdienste bly intussen op die toneel om brandpunte nat te hou en die gebied te monitor, veral met sterk winde wat vir Woensdagmiddag voorspel word.
Inwoners word versoek om enige veld- of bosbrande onmiddellik aan te meld by die GRDM-noodsentrum by 044 805 5071 of via WhatsApp by 081 709 5193.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’