STILBAAI NUUS - Lewensredders is op al die strande en by die riviermond ontplooi, maar hulle maak staat op die vakansiegangers se samewerking.
Swem slegs tussen die rooi en geel vlae.
Hoe om uit 'n "rip tide" te ontsnap:
- Moenie paniekerig raak nie en moenie teen die stroom baklei nie
- Kom uit die "rip tide" deur parallel met die strand te swem
- Gebruik die golwe om jou te help om terug strand toe te kom
- Moet nooit in 'n "rip tide" inswem om iemand te help nie
- Gooi eerder vir hulle iets wat dryf
- Gebruik handseine om vir hulle te wys om na die kant toe te swem
- Waarsku die lewensredders of kontak die NSRI
Die Stilbaai NSRI se nommer is 082 990 5978, Witsand s'n 082 990 5957 en die nasionale noodnommer is 112.