RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues het sopas die Eagle Stars van Sedgefield oortuigend met 39 - 17 geklop om as wenners van die SWDRU B-span Uitdaagbeker gekroon te word.
Die Blues het reeds met 20 - 5 voor geloop teen rustyd en het hul oorheersing in die tweede helfte voortgesit. In ’n opwindende wedstryd het hulle ses drieë aangeteken teenoor die drie van Eagle Stars.
Met dié indrukwekkende sege hou Riversdal Blues die Hessequa-vlag hoog, terwyl plaaslike rugbyondersteuners nou vol spanning wag om te sien of Heibi die dubbelslag vir die streek kan verseker.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’