HESSEQUA NUUS - Beurtkrag duur oor die naweek voort. Volgens Hessequa-munisipaliteit se beurtkragskedule lyk die situasie so:
Riversdal, Albertinia, Gouritsmond en Stilbaai se beurtkrag sal Saterdag 8 Februarie duur van 02:00 – 04:30.
Sondag 9 Februarie duur die onderbrekings van 00:00 tot 02:30.
Heidelberg, Witsand en Slangrivier moet hulle regmaak vir beurtkrag op Saterdag 8 Februarie van 00:00 tot 02:30.
Sondag 9 Februarie duur die onderbrekings van 06:00 tot 08:30.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'