HESSEQUA NUUS - Eskom het aangedui dat Heidelberg, Witsand en Slangrivier weer vanaf 14:00 tot 16:30 aan beurtkrag onderworpe sal wees.
Die drie dorpe het vroegoggend Fase 2-beurtkrag ervaar, maar omdat Fase 2 ook Fase 1 impliseer, kom hulle weer aan die beurt.
Die kragvoorsiener het aangedui dat die onderbrekings waarskynlik tot Vrydag sal duur.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'