HEIDELBERG NUUS - Jolene Lotz en Amelia Jaftha van Heidelberg het onlangs 'n opleidingskursus, wat deel van die provinsiale regering se program is om jeugdiges met die nodige vaardighede te bemagtig om hulle vir hul toekoms ekonomies voor te berei, voltooi.
Dit het op 31 Augustus begin en hulle het op 23 November in Tokai by die Chrysalis Akademie uitpasseer.
Lotz is op Heidelberg by die plaaslike beskermingsafdeling in diens, en Jaftha op Riversdal by die behuisingsafdeling.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'